Soorte resepte:

Resep: Piesangpoeding

(Foto: Pixabay)

Maroela Media-leser Esme Smit sê hierdie poeding bring heerlike herinneringe na haar terug.

“My pa se ma het dit altyd gemaak as ons by haar gaan eet het op ʼn Sondag. Ons kon nooit wag nie, en my broer het altyd die vla se velletjie gekry. Heerlike onthoutye,” sê sy.

Bestanddele

  • 12 tot 16 piesangs
  • 2 k suiker
  • 6 k water
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 2 eetlepels brandewyn
  • 2 eetlepels vlapoeier
  • 4 eiers, geskei

Metode

  1. Kook water en suiker saam en voeg fyngemaakte piesang by.
  2. Haal af van stoofplaat en voeg dan vanieljegeursel by.
  3. Meng vlapoeier met ʼn bietjie water tot loperig en meng dit, asook geklitste eiergeel, by piesangmengsel in. Plaas terug op plaat op lae hitte. Die mengsel moet stadig kook.
  4. Klits eierwitte en voeg saam met die brandewyn by stadigkokende mengsel. Kook stadig vir sowat 5 minute. Gooi in glasbak en plaas in yskas om koud te word. Bedien met vars room, vla of roomys.

Het jy ‘n resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit hier aan Maroela Media!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mad Mike die Rhodesiër ·

Vir mense wat nie piesangs kan of wil eet nie of ‘n afwisseling soek, gebruik ‘n blik ingelegde perskes of vrugteslaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.