Soorte resepte:

Resep: Pralienterrien

Pralienterrien (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie nagereg lýk dalk deftig, maar dit is baie maklik!

Lewer 8-10 porsies

Bestanddele

PRALIEN

  • ’n bietjie olie of botter om mee te smeer
  • ½ k (100 g) suiker
  • 1 k (150 g) haselneute, grof gekap

TERRIEN

  • 1 eierwit
  • ¼ t (1 ml) sout
  • ¾ k (180 ml) esdoringstroop
  • 1 ½ k (375 ml) Clover-room, styf geklits

Metode

PRALIEN

  1. Smeer ʼn bakplaat liggies met die olie of botter.
  2. Verhit die suiker oor lae hitte in ʼn swaarboompan. Kantel die pan heen en weer sodat die suiker eweredig smelt. Hou aan kantel tot die stroop ʼn heuningkleur het. Verwyder van die hitte en voeg die haselneute by.
  3. Maak seker dat die neute goed bedek is met die stroop. Gooi die neutmengsel in die voorbereide bakplaat en laat vir 15 minute afkoel. Kap die pralien in happiegrootte stukkies.

TERRIEN

  1. Plaas die eierwit en ’n knippie sout in ’n deeglik skoon en droë bak en klits tot sagte punte vorm.
  2. Gooi die stroop in ’n swaarboompan en verhit stadig tot kookpunt.
  3. Voeg die stroop geleidelik by die eierwit terwyl dit aanhoudend geklits word. Klits vir ± 5 minute tot ’n dik, stywe meringue. Laat vir 15 minute teen kamertemperatuur afkoel.
  4. Vou die room by die meringuemengsel in en roer die pralienstukkies deur.
  5. Voer ʼn broodpan met kleefplastiek en skep die mengsel in die voorbereide broodpan.
  6. Vries vir 4 tot 5 uur, maar laat die terrien vir 15 minute in die yskas sag word voordat dit in skywe gesny word. Drup stroop en strooi neute oor voordat dit voorgesit word.

 

Bron: Gunsteling poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.