Soorte resepte:

[Resep] Rolkoek

Rolkoek

Rolkoek. Foto: Maroela Media

Hierdie resep is altyd ʼn sukses!

Bestanddele:

  • 4 eiers geskei
  • 50 ml koue water (4 e)
  • 250 ml strooisuiker (1 k)
  • 250 ml ongesifte koekmeelblom (1 k)
  • 5 ml bakpoeier (1 t)
  • knippie sout
  • 5 ml vanieljegeursel (1 t)
  • 150 ml (fyn konfyt (½ k + 2 e)

Metode:

  1. Smeer ’n rolkoekpan van 30 x 45 cm, voer dit met waspapier uit en smeer papier ook.
  2. Bestuif met ’n bietjie koekmeelblom en skud oortollige meel van papier af.
  3. Stel oond op 200 °C (400 °F) en plaas oondrak in middel van oond.
  4. Klits eiergele, water en strooisuiker baie goed saam tot dit bleekgeel en sponsagtig dik is.
  5. Sif meel en bakpoeier saam en vou bietjiesgewys met ’n houtlepel in eiermengsel in.
  6. Klits eierwitte, sout en vanieljegeursel saam net tot stywe punte vorm.
  7. Roer ’n bietjie van die eierwit by eiergeelmengsel en vou res van eierwit dan liggies in.
  8. Skep deeg in pan en smeer gelyk.
  9. Bak 10 minute.
  10. Keer uit op ’n klam doek wat met suiker bestrooi is.
  11. Trek papier versigtig af en sny kort sye netjies met ’n skerp mes.
  12. Smeer konfyt oor koek.
  13. Rol koek versigtig met behulp van die doek op.
  14. Sny kante netjies en laat minstens 30 minute op ’n draadrak afkoel.

Resep: Mollie de Witt
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.