Soorte resepte:

Resep: Rooifluweelkolwyntjies

Rooifluweelkolwyntjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie is die régte manier van rooifluweelkolwyntjies maak, beetsap en al!
Bestanddele

  • 2 ⅓ k (585 ml) koekmeel
  • 1 e (15 ml) kakao
  • 1 t (5 ml) koeksoda
  • 1 t (5 ml) bakpoeier
  • 1 ½ k (375 ml) strooisuiker
  • ¾ k (185 ml) karringmelk
  • ¾ k (185 ml) sonneblomolie
  • ¼ k (60 ml) beetsap
  • 1 e (15 ml) rooi voedselkleursel
  • 2 t (10 ml) witasyn
  • 2 eiers

ROOMKAASVERSIERSEL

  • ½ k (125 ml) Clover Mooirivier-botter, by kamertemperatuur
  • 1 k (250 ml) Clover­roomkaas, by kamertemperatuur
  • 1 e (15 ml) Clover-room
  • 1 t (5 ml) lemmetjieskil, fyngerasper
  • 2-2 ½ k (500-625 ml) versiersuiker, gesif.

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas papierbakkies in 18 x 80 ml­muffinpanhouers.
  2. Sif die meel, kakao, koeksoda en bakpoeier in ’n groot bak. Roer die strooisuiker by.
  3. Klits die karringmelk, olie, beetsap, voedselkleursel, asyn en eiers saam. Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel en giet die karringmelkmengsel daarin. Roer tot net gemeng.
  4. Verdeel die mengsel tussen die papierbakkies. Bak dit 20 tot 25 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Plaas die kolwyntjies op ’n afkoelrakkie en laat dit heeltemal afkoel voor dit versier word.

ROOMKAASVERSIERSEL

  1. Klits die botter tot lig en donsig. Klits die roomkaas, room en lemmetjieskil by. Klits versiersuiker geleidelik by totdat die verlangde dikte verkry is.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.