Soorte resepte:

Resep: Rykmans-dubbelsjokoladetert

Rykmans-dubbelsjokoladetert (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié tert sal enigeen met ʼn soettand se mond laat water!

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

KORS

  • 60 ml botter, gesmelt
  • 200 g (1 pakkie) Romany Creams, fyngemaak

VULSEL

  • 200 g (2 stafies) Bar One-sjokolade, in stukkies gesny
  • 250 ml room
  • 250 g roomkaas
  • 60 g (2 stafies) Crunchie-sjokolade, grofgebreek
  • 100 g (½ pakkie) Romany Creams, grofgekap
  • kakao om bo-oor te sif

Metode

KORS

  1. Voeg die botter by die fyngemaakte koekies en meng goed. Druk dit op die bodem van ʼn 22 cm-losboomtertpan of 6-8 individuele losboomtertpannetjies vas.

VULSEL

  1. Roer die Bar One en room saam oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt is. Laat dit afkoel.
  2. Klits die afgekoelde mengsel by die roomkaas en roer die Crunchies en koekies by. Skep die mengsel op die tertkors. Laat dit in die yskas stol.
  3. Haal dit versigtig uit die pan en sif kakao bo-oor.

VARIASIE

lndien verkies kan 250 ml room saam met 30 ml versiersuiker en 2,5 ml vanieljegeursel styfgeklits word. Skep dit bo-op die tert of sit die tert daarmee voor.

Bron: Lekker & vinnig: Yskasterte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.