Soorte resepte:

Resep: Rykmansblokkies

Rykmansblokkies (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Fudge, sjokolade en koekies; wie kan dan nou nee sê?

Bestanddele

  • brosbeskuitjies
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 100 g margarien
  • 500 ml strooisuiker
  • 10 ml vanielje
  • 10 ml asyn
  • sjokoladeskywe

Metode

  1. Pak koekies in ʼn bak om die bodem te bedek.

Fudge:

  1. Meng margarien, kondensmelk en suiker in ʼn mikrogolfvaste bak.
  2. Mikrogolf dit op hoog vir 2½ minute, of tot margarien heeltemal gesmelt is. Meng goed.
  3. Mikrogolf vir 10 minute op hoog. Hou die bak dop en meng gereeld sodat dit nie oorkook nie.
  4. Gooi vanielje en asyn by.
  5. Terwyl dit nog warm is, gooi die fudgemengsel bo-oor die brosbeskuitjies.
  6. Pak die sjokoladeskywe op die fudge.
  7. Laat dit afkoel.
  8. Voor dit heeltemal afgekoel is, sny in blokkies op die randjies van die brosbeskuitjies.
  9. Bêre in die yskas.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. die eerste ·

MY soort resep, g’n niks van suikertermometers, skei hier, klop daar… Klink heerlik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.