Soorte resepte:

[Resep] Rykmansdubbel­sjokolade­tert

Rykmansdubbelsjokoladetert (Foto: Lapa-uitgewers)

Net een happie van hierdie tert en jy gaan niks anders wil eet nie.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele:

Kors

  • 60 ml botter, gesmelt
  • 200 g (1 pakkie) Romany Creams, fyngemaak

Vulsel

  • 200 g (2 stafies) Bar One-sjokolade, in stukkies gesny
  • 250 ml room
  • 250 g roomkaas
  • 60 g (2 stafies) Crunchie-sjokolade, grofgebreek
  • 100 g (½ pakkie) Romany Creams, grofgekap
  • kakao om oor te sif

Metode:

  1. Kors: Voeg die botter by die fyngemaakte koekies en meng goed. Druk dit op die bodem van ʼn 22 cm-Iosboomtertpan of 6-8 individuele losboomtertpannetjies vas.
  2. Vulsel: Roer die Bar One en room saam oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt is. Laat dit afkoel.
  3. Klits die afgekoelde mengsel by die roomkaas en roer die Crunchies en koekies by. Skep die mengsel op die tertkors. Laat dit in die yskas stol.
  4. Haal dit versigtig uit die pan en sif kakao bo-oor.

Variasie:

Indien verkies kan 250 ml room saam met 30 ml versiersuiker en 2,5 ml vanieljegeursel styfgeklits word. Skep dit bo-op die tert of sit die tert daarmee voor.

  • Bron: Yskasterte 
  • Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Landie ·

Ek is bevrees ek sal NIE ophou eet nie. Ooooh njammies!!!! :)

Nettie ·

Geniet julle wat kan, dit maar …… Ek is binne ‘n uur in die hospitaal met bloedsuiker wat tot by die maan geskiet het, as ek net één ou enkele, piepklein happietjie van dié stuk stuitigheid geëet het ……………………. :-(((

Uvonka ·

Ai Nettie, kan nie eers een ou piepklein happetjie vat en net sorg dat jou pilletjies byderhand is nie? Om so van die lewe se dekadente bederfies ontneem te word is wreed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.