Net een happie van hierdie tert en jy gaan niks anders wil eet nie.
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele:
Kors
- 60 ml botter, gesmelt
- 200 g (1 pakkie) Romany Creams, fyngemaak
Vulsel
- 200 g (2 stafies) Bar One-sjokolade, in stukkies gesny
- 250 ml room
- 250 g roomkaas
- 60 g (2 stafies) Crunchie-sjokolade, grofgebreek
- 100 g (½ pakkie) Romany Creams, grofgekap
- kakao om oor te sif
Metode:
- Kors: Voeg die botter by die fyngemaakte koekies en meng goed. Druk dit op die bodem van ʼn 22 cm-Iosboomtertpan of 6-8 individuele losboomtertpannetjies vas.
- Vulsel: Roer die Bar One en room saam oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt is. Laat dit afkoel.
- Klits die afgekoelde mengsel by die roomkaas en roer die Crunchies en koekies by. Skep die mengsel op die tertkors. Laat dit in die yskas stol.
- Haal dit versigtig uit die pan en sif kakao bo-oor.
Variasie:
Indien verkies kan 250 ml room saam met 30 ml versiersuiker en 2,5 ml vanieljegeursel styfgeklits word. Skep dit bo-op die tert of sit die tert daarmee voor.
- Bron: Yskasterte
- Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
MMMMMM!!! Death by chocolate, hoe salig!!!!
Ek is bevrees ek sal NIE ophou eet nie. Ooooh njammies!!!! :)
Geniet julle wat kan, dit maar …… Ek is binne ‘n uur in die hospitaal met bloedsuiker wat tot by die maan geskiet het, as ek net één ou enkele, piepklein happietjie van dié stuk stuitigheid geëet het ……………………. :-(((
Yuck!