Soorte resepte:

Resep: Sitruskoekstruif

Sitruskoekstruif (Foto: Lapa-uitgewers)

’n Egte somer-koekstruif vir ’n somer-Kersfees.

Genoeg vir 6

Bestanddele:

  • 1 blik (310 g) mandarynlemoenskyfies
  • 1 blik (410 g) appelkoosskyfies
  • 5 Boudoir-sponsvingers, in 1 cm-stukkies gebreek
  • ½ k (125 ml) Clover Krush 6 Fruits and 6 Vitamins- sap
  • ⅓ k (50 g) versiersuiker
  • fyngerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 1 k (250 ml) Clover-room

Metode:

  1. Hou ʼn paar lemoen- en appelkoosskyfies vir versiering. Kap die res die van die vrugte fyn.
  2. Gebruik stukkies sponsvingers om die bodem en kante van ʼn diep opdienskottel of ses individuele glasbakkies uit te voer.
  3. Giet die vrugtesap in ʼn bak en sif die versiersuiker oor.
  4. Roer tot al die suiker opgelos het en voeg dan die lemmetjie- en suurlemoenskil by.
  5. Klits die room in ʼn aparte bak tot dit net begin styf word.
  6. Voeg die vrugtesap geleidelik by en hou aan klits tot die room verdik het.
  7. Vou die gekapte vrugte in en skep die mengsel oor die sponsvingers.
  8. Bedek die bak en verkoel vir 4 tot 5 uur.
  9. Versier met die vrugteskyfies en sit voor.

Resep: Gunsteling poedings
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.