Soorte resepte:

Resep: Sjokolade-tiramisu met grond­boontjie­broshappie

Sjokolade-tiramisu met grondboontjiebroshappie (Foto: Lapa-uitgewers)

Ryk, romerig en deftig!
Genoeg vir 10-15

Bestanddele

  • 4 x 15 ml goeie gehalte kitskoffiepoeier
  • 2 k (500 ml) kookwater
  • 300 ml Hanepoot-wyn
  • 4 eiergele
  • ¾ k (195 ml) versiersuiker
  • 4 x 250 ml-bakkies mascarpone
  • 2 k (500 ml) Clover Classic-vla
  • 150 g donkersjokolade, gekap
  • 1 t (5 ml) gelatien
  • 1 e (15 ml) water
  • 500 g sjokolade­sponsvingerkoekies
  • 250 ml Clover-room, geklop
  • 100 g donkersjokolade, gerasper
  • 100 g grondboontjie­broshappie (peanut brittle), gekap

Metode

  1. Meng die koffiepoeier, water en 250 ml wyn. Hou eenkant.
  2. Klits die eiergele en 65 g van die versiersuiker tot lig en donserig. Klits die mascarpone, oorblywende wyn en versiersuiker saam tot dikkerig. Vou dit versigtig by die eiermengsel in.
  3. Doop die koekies in die koffiemengsel totdat hulle net-net sag is.
  4. Pak die koekies op die bodem van ’n 3 liter‑opdienbak. Skep ’n laag van die mascarpone-mengsel bo-op, en dan ’n laag van die vlamengsel (*sien metode onder) gevolg deur ’n sprinkel sjokolade. Herhaal die lae met die oorblywende koekies, mascarpone, vla en sjokolade. Smeer die boonste laag koekies met die room en sprinkel nog sjokolade bo-oor. Bedek en verkoel oornag in die yskas.
  5. Breek grondboontjiebroshappie in stukkies en sprinkel bo-oor die tiramisu voor opdiening.
  6. Verhit vla in ’n kastrol oor matige hitte. Roer die sjokolade by tot gesmelt. Los die gelatien op in die 1 e (15 ml) water. Voeg by die vlamengsel en roer tot opgelos. Laat afkoel en skep bo-op die mascarpone-laag.

 

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.