Soorte resepte:

Resep: Sjokoladefondue

(Foto: Pharma Dynamics)

Jy kan hierdie resep gebruik vir ʼn heerlike selfdoenpoeding óf ʼn sjokoladesous saam met roomys.

Genoeg vir 8-10 mense

Bestanddele

  • 1 k (250 ml) laevetmelk
  • 80 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
  • 2 e suiker
  • 1 e mielieblom
  • 1 e kakao
  • ¼ e kaneel
  • 1 e vanieljegeursel
  • 2 klein vrugtestokkies per persoon, voorberei met vrugte soos appel, aarbei, piesang, peer en papaja
  • 12-18 malvalekkers, oor die kole gebraai
  • 12-18 Mariebeskuitjies

Metode

  1. Verhit melk, sjokolade en suiker in ʼn klein pot oor lae hitte. Roer aanhoudend tot die sjokolade gesmelt het en suiker opgelos is.
  2. Meng mielieblom, kakao en kaneel met 2 eetlepels water om ʼn gladde pasta sonder klonte te vorm.
  3. Meng ʼn bietjie van die warm melkmengsel by die pasta en meng goed. Meng dit terug in by die res van die melkmengsel.
  4. Roer aanhoudend oor medium hitte vir 8-10 minute of tot dit effens verdik het. Verwyder van hitte en roer vanielje in. Skep in ʼn warm bak en dien op.
  5. Doop vrugte en ander bestanddele in die warm sjokoladesous.

Wenke:

  • Die sous sal dikker word soos dit afkoel. Indien dit te dik word, roer ʼn eetlepel kookwater in om dit weer te verdun.
  • Die sjokoladesous kan ook saam met roomys voorgesit word. Gebruik hiervoor 2 eetlepels mielieblom en berei voor soos hier bo.

Bron: Pharma Dynamics se Cooking from the Heart deur Heleen Meyer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.