Soorte resepte:

Resep: Sjokolade­ment­roomys

Sjokoladementroomys (Foto: Lapa-uitgewers)

Die roomys het ekstra skop met ʼn bietjie wodka!
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 50 g botter
  • 750 ml room (in 500 ml en 250 ml verdeel)
  • 150 g eritritol
  • 2 eiergele
  • 50 ml wodka
  • ½ t pepermentgeursel
  • 100 g donkersjokolade (85%-90%) gekap
  • 100 g okkerneute, grofgekap

Metode

  1. Smelt die botter in ʼn pot oor lae hitte en voeg dan 500 ml room en die eritritol by. Sodra dit begin stoom, skakel die hitte af.
  2. Klits die eiergele in ʼn aparte mengbakkie.
  3. Roer die eiergele baie stadig by die warm room in.
  4. Klop die res van die room, wodka en pepermentgeursel saam in ʼn ander mengbak tot dit ligte, stywe pieke begin vorm.
  5. Kap die sjokolade op en voeg dit en die gekapte neute by die geklopte room.
  6. Vou die geklopte room versigtig by die warm room in. Die sjokolade sal effens begin smelt wat ʼn lekker kleur aan die room sal gee. Daar sal nog ʼn paar heel stukke wees wat in die roomys wegkruip.
  7. Giet die mengsel in ʼn bak wat vrieskasbestand is, bedek met kleefplastiek en vries vir minstens 5 uur.
  8. Jy sal na sowat 2 uur die roomys moet roer om die neute en sjokolade wat tot onder gesak het weer te lig en met die roomys te vermeng. As jy nie enige neute of gekapte sjokolade bygevoeg het nie (ja, jy kan gerus ook met geure soos vanielje of karamel rondspeel) is dit nie nodig om weer die roomys te roer nie.

Bron: Armand kook kaal

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.