Soorte resepte:

Resep: Suurlemoen-meringuetert

Suurlemoen-meringuetert (Foto: Lapa Uitgewers)

Wat kan nou lekkerder wees as ʼn tuisgemaakte suurlemoen-meringuetert?

Lewer 1 groot tert

Bestanddele:

KORS

  • 400 g (200 g x 2 pakkies) Tennisbeskuitjies
  • 150 g Clover Mooi River-botter, gesmelt

VULSEL

  • 770 g (385 g x 2 blikke) Clover-kondensmelk
  • 250 ml (1 k) suurlemoensap
  • 6 ekstragroot eiers, geskei

BOLAAG

  • 6 ekstragroot eierwitte
  • 375 ml (1½ k) strooisuiker
  • knippie sout

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

KORS:

  1. Kap die Tennisbeskuitjies in die voedselverwerker tot fyn. Voeg genoeg gesmelte botter by om die beskuitjies aanmekaar te laat kleef.
  2. Druk die koekiekrummels op die bodem en langs die kante van ʼn losboomkoekpan met ʼn deursnee van 22 cm.

VULSEL

  1. Meng die kondensmelk en suurlemoensap in ʼn mengbak.
  2. Klits die eiergele tot gemeng met ʼn vurk en roer by die kondensmelkmengsel tot goed gemeng.
  3. Giet dit in die tertkors en bak vir 15 minute. Haal uit die oond.

BOLAAG

  1. Klits die eierwitte tot styf. Voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by asook die sout terwyl aanhoudend geklits word tot glansend en styf.
  2. Skep die meringue bo-op die vulsel en vorm punte.
  3. Bak weer vir 20 tot 25 minute tot ʼn ligte goudbruinkleur bo-op verkry is.
  4. Laat afkoel en sit voor.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VaalDonkie ·

Ek is mal oor die ding. Dis eintlik effe TE soet, maar mens kan mos maar een blikkie vervang met ingedampte melk of iets. Of net minder op ‘n slag (probeer) eet. Ek vat gewoonlik ‘n beker bitter koffie saam.

Casper ·

Vat dit nou maar van ‘n diabeet, niks is ooit te soet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.