Hierdie resep word in grootmaak voorberei – perfek vir die kerkbasaar, verkope by die skool of sommer ʼn groot verjaardagpartytjie.
Bestanddele:
- 50 medium, rooi appels
- 50 geskikte stokkies
- 1 ℓ suiker
- 250 ml water
- 20 ml asyn
- 150 ml gouestroop
- knippie sout
- 25 ml botter
- rooi kleursel
Metode:
- Was en droog die appels af en steek ʼn stokkie in die stengelkant.
- Verhit al die ander bestanddele stadig terwyl geroer word om die suiker op te los.
- Was die kristalle van die kant van die katrol af met ʼn kwassie.
- Kook die stroop tot die middelslagkraakstadium. Haal van die hitte af en plaas die kastrol in kookwater oor stadige hitte.
- Doop die appels een vir een in die stroop, bedek goed. Laat regop staan in ʼn houer om af te koel.
Resep deur Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636
Help hoeveel is een liter suiker in gewig asb.
Dagsê leon pit,
Dankie vir jou navraag. Dit is ongeveer 845 gram.
Groetnis,
Adéle nms Maroela Media.