Soorte resepte:

[Resep] Vanieljeroomys met ses variasies

Die roomys leen hom tot heerlike variasies. Foto: Wenresepte 2

Die roomys leen hom tot heerlike variasies. Foto: Wenresepte 2

Lewer 2ℓ roomys

Hierdie grondresep is ekonomies en leen hom tot talle variasies. Dit kom van Hettie Minnaar van Pretoria.

Bestanddele

  • 170 g (200 m) strooisuiker
  • 40 g (75 m) mielieblom
  • 1 m sout
  • 500 mmelk
  • 3 eiers, geklits
  • 1 blik (380 g) ingedampte melk, oornag in die yskas of ‘n rukkie in die vrieskas gelaat
  • 15 m vanieljegeursel

Metode

  1. Meng die strooisuiker, mielieblom en sout in die boonste deel van ’n dubbelkastrol.
  2. Voeg die melk stadig by en roer dit oor kokende water tot die mengsel verdik (ná 6-10 minute).
  3. Roer ’n bietjie van die warm mengsel by die eiers en roer dan hierdie eiermengsel vinnig by die res van die warm mengsel.
  4. Verhit dit 3 minute lank oor kokende water en roer aanhoudend totdat dit soos dik vIa is. Laat dit afkoel.
  5. KIits die ingedampte melk tot dit vorm behou. Vou dit saam met die vanieljegeursel in die vlamengsel in.
  6. Skep dit in ‘n vrieshouer en bevries totdat dit tot een derde van die kant af gestol is.
  7. Gooi dit in ‘n koue vriesbak, kIits dit goed en bevries tot hard.

    Die gewone vanielje-roomys. Foto: Wenresepte 2

    Die gewone vanielje-roomys. Foto: Wenresepte 2

Variasies

Volg die grondresep vir vanieljeroomys, maar verminder die vanieljegeursel tot 5 m. Vou die bestanddele van die variasie saam met die ingedampte melk in. Wanneer growwe bestandde1e soos neute gebruik word, moet die mengsel nie ‘n tweede keer geklits word nie, maar net liggies gemeng word om die growwe bestanddele eweredig te versprei.

Rum-en-rosyneroomys: Week 250 g (400 mℓ) rosyne oornag in 100 mℓ rum en vou dit saam met 100 g (250 mℓ) gekapte neute in.

Sjokoladeroomys: Verminder die strooisuiker tot 100 g (125 mℓ) en vou 200 g melksjokolade (gerasper) in.

Neuteroomys: Vou 200 g (500 mℓ) gekapte pekan- of okkerneute in.

Koffieroomys: Los 30 mℓ kitskoffiepoeier of -korrels in 50 mℓ kookwater op, laat dit afkoel en vou dit in.

Droëvrugteroomys: Week 60 g (100 mℓ) rosyne en 60 g (100 mℓ) glanskersies oornag in 50 mℓ sjerrie en vou dit saam met 40 g (100 mℓ) gekapte neute in.

Koejawelroomys: Vou 250 mℓ koejawelmoes in.

Bron: Wenresepte 2

Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.