Soorte resepte:

Resep-video: Banting-koekies

Banting-koekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Geen suiker, geen meel, geen eiers.

Lewer sowat 12 koekies

Bestanddele

  • 4 e botter
  • ½ k grondboontjiebotter
  • 2 e kakao
  • 1 k klapper
  • knippie sout
  • 3 sakkies of 4 druppels versoeter

Metode

  1. Smelt botter en grondboontjiebotter saam tot glad. Roer kakao by.
  2. Meng klapper, sout en versoeter in tot goed gemeng.
  3. Skep die beslag met ʼn eetlepel op en maak dit glad en rond met nog ʼn eetlepel.
  4. Skep die ovaalvormige koekies op ʼn bord, plaat of snyplank en verkoel in die vrieskas vir 5-10 minute sodat dit sy vorm kan behou.
  5. Bêre in yskas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsabe ·

Banting werk. Dis ‘n fantastiese eet-styl. Jy verloor beslis gewig / vet. Eet net min van al die lekker kossies. Hierdie koekies skree vir gesmelte sjokolade ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.