Soorte resepte:

Resep-video: Bederfbeker

Piesang-en-karamel bederfbeker (Foto: Janie Monsieur)

ʼn Piesang-en-karamelkoekie in rekordtyd.
Lewer 1 porsie

Bestanddele

  • ½ ryp piesang
  • 1 e karamelkondensmelk + 1 t vir bo-op
  • 2 e melk
  • 2 e koekmeel
  • 2 t kakao
  • 2 t suiker
  • ¼ t bakpoeier

Metode

  1. Druk die piesang fyn met ʼn vurk en meng die karamelkondensmelk en melk daarby in ʼn koffiebeker.
  2. Meng koekmeel, kakao, suiker en bakpoeier ook by.
  3. Skep die ekstra teelepel karamelkondensmelk bo-op die beslag en mikrogolf vir 90 sekondes op hoog. Eet dadelik.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.