Dié Bar One-modderkoekie vat net 90 sekondes om in die mikrogolf te maak, en dis so maklik, kinders kan dit sommer sélf maak.
Lewer 1 koppiekoek
Bestanddele
- 3 e bruismeel
- 2 e suiker
- 1 e kakao
- 3 e melk
- 3 e kookolie
- vanieljegeursel
- 1 x 55 g Bar One-sjokolade in blokkies gesny
Metode
- Meng die bruismeel, suiker en kakao saam. Voeg melk, kookolie en vanielje by. Voeg Bar One by, maar hou so ʼn paar stukkies vir bo-op. Meng goed. Sprinkel oorblywende Bar One oor.
- Mikrogolf by hoog vir 90 sekondes. Eet dadelik.