Soorte resepte:

Resep-video: Blitsige modderkoekie

Blitsige modderkoekie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié Bar One-modderkoekie vat net 90 sekondes om in die mikrogolf te maak, en dis so maklik, kinders kan dit sommer sélf maak.

Lewer 1 koppiekoek

Bestanddele

  • 3 e bruismeel
  • 2 e suiker
  • 1 e kakao
  • 3 e melk
  • 3 e kookolie
  • vanieljegeursel
  • 1 x 55 g Bar One-sjokolade in blokkies gesny

Metode

  1. Meng die bruismeel, suiker en kakao saam. Voeg melk, kookolie en vanielje by. Voeg Bar One by, maar hou so ʼn paar stukkies vir bo-op. Meng goed. Sprinkel oorblywende Bar One oor.
  2. Mikrogolf by hoog vir 90 sekondes. Eet dadelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Sandra

O ja ek ken die een. Ek het al baie mikrogolf koek resepte probeer, die is die enigste een wat regtig werk. Ek gebruik min bar one want anders is dit super soet.