Soorte resepte:

Resep-video: Cremora-tert

Cremora-tert (Foto: Janie Monsieur/ Maroela Media)

Hierdie moeitevrye tert is ʼn ou bekende onder Suid-Afrikaners.

Lewer sowat 8 stukke.

Bestanddele

  • 250 g pakkie Cremora-poeier
  • 1 blik kondensmelk
  • ½ k suurlemoensap
  • ½ pak Tennis-beskuitjies

Metode

  1. Meng die Cremora, kondensmelk en suurlemoensap.
  2. Pak Tennis-beskuitjies onder in ʼn tertbak en skep die Cremora-mengsel oor. Maak dit glad bo-op en versier soos verkies. (Aarbeie kan bo-op gepak word of ekstra Tennis-beskuitjies kan oor gekrummel word).
  3. Verkoel in yskas vir minstens 2 uur. Sny in blokke of skywe en bedien koud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.