Resep-video: Dadelballetjies

Dadelballetjies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die dadelballetjies is vinnig en maklik om te maak en heerlik om te eet!
Lewer sowat 30 balletjies.

Bestanddele

  • 115 g botter
  • 100 g strooisuiker
  • 250 g dadels, gekap
  • 200 g (1 pak) Marie-beskuitjies, fyngemaak
  • 1 t vanieljegeursel
  • ½ k klapper, om in te rol

Metode

  1. Smelt botter en suiker saam. Voeg dadels by en mikrogolf vir 4 minute op hoog en roer na elke minuut. Mikrogolf nou vir 2 minute op laag tot dadels gesmelt is.
  2. Voeg die vanielje en fyn Marie-beskuitjies by en roer goed deur.
  3. Wees versigtig, want die mengsel is warm, en rol balletjies in jou hande. Rol die balletjies in klapper en stoor in ʼn lugdigte houer.

Wenk: As jy die balletjies in die yskas stoor, haal hulle so 2 uur voordat jy dit wil bedien uit die yskas, anders raak dit baie hard. Anders kan jy dit net in op ʼn koel plek stoor.

Kyk hier hoe om dié resep te maak:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
antieke antie

ek moes baie van die dadelballetjies maak want my vriendin in die ouetehuis het geglo almal moes elke dag n bederfie kry….. en ek moes dit maak..

Carina

My ma het dit altyd met rice crispies gemaak i.p.v. marie beskuitjies, en sonder suiker, die dadels is meer as soet genoeg. Dit was ons lekkers as kind.