Soorte resepte:

Resep-video: Gebakte jogurttert

Gebakte jogurttert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie is die maklikste tert wat jy nóg gemaak het!
Lewer 1 tert

Bestanddele

  • 1 pak Tennis-beskuitjies, fyngemaak
  • 100 g botter of margarien, gesmelt
  • 500 ml jogurt van jou keuse (ons het grenadella gebruik)
  • 1 blik kondensmelk
  • ekstra vrugte, konfyt of pulp van jou keuse (opsioneel)

Metode

  1. Voorverhit jou oond tot 180 °
  2. Meng die Tennis-beskuitjies en botter en druk dit onder aan die tertbord vas om ʼn kors te vorm.
  3. Meng die jogurt en kondensmelk goed saam en giet dit in die voorbereide kors. Maak dit glad bo-op met die agter kant van ʼn lepel.
  4. Bak vir 20 minute teen 180 °
  5. Versier met ekstra vrugte of konfyt of pulp (opsioneel).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.