Soorte resepte:

Resep-video: Gevulde paaseiers

Gevulde paaseiers (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Paaseiers met ’n kaaskoekvulsel? Vertel my meer!

Bestanddele

  • 12 hol paaseiers
  • 230 g roomkaas
  • ½ k kondensmelk
  • vanieljegeursel
  • jellielekkers

Metode

  1. Breek of sny paaseiers se bokante versigtig oop.
  2. Meng roomkaas, kondensmelk en vanieljegeursel en klits saam.
  3. Skep die roomkaasmengsel in ’n versiersak of -drukker en spuit die vulsel in die eiers in.
  4. Laat dit afkoel in die yskas vir 1 uur.
  5. Druk geel of oranje jellielekkers platter met jou vingers en skeur ronde stukke daarvan af. Sit dit bo-op die wit deel van die eiers sodat dit soos ’n gebakte eier lyk.
  6. Bêre in yskas.

Resep: Janie Monsieur

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Knapie ·

En daar het ek altyd gedink die haaseiers is hol om die verbruiker ‘n rat voor die oë te draai…

Klink hemels.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.