Soorte resepte:

Resep-video: Karamelkaaskoek

Karamelkaaskoek (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Amper geen afmetings is nodig vir hierdie maklike kaaskoekresep nie!
Lewer sowat 12 porsies

Bestanddele

  • 1 blik kondensmelk
  • 2 houers (2 x 125 g) gladde maaskaas
  • 250 ml vars room
  • 1 t suurlemoensap
  • 1 pak kitspoeding (karamel- of botterkaramelgeur)
  • 1 pak tennisbeskuitjies, fyn gemaak
  • 120 g botter, gesmelt
  • 2 x 64 g pakke Cream Caramels
  • Karamelstroop (opsioneel)

Metode

  1. Klits die kondensmelk, maaskaas, room, suurlemoensap en kitspoeding saam tot dik.
  2. Meng die botter en tennisbeskuitjies om ʼn kors te vorm en druk dit onder in die tertbak vas.
  3. Skep die kondensmelkmengsel daarop en maak gelyk.
  4. Druk blokkies Cream Caramels in die tert. Laat dit in die yskas stol vir sowat een uur.
  5. Bedien met karamelstroop (opsioneel).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.