Soorte resepte:

Resep-video: Katjiebotterbakkies

Katjiebotterbakkies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Amper soos die geliefde Rice-Krispies-koekie, maar met grondboontjiebotter in plaas van malvalekkers!

Lewer sowat 8-10 bakkies

Bestanddele

  • ½ k suiker
  • ½ k gouestroop
  • ¾ k grondboontjiebotter
  • 2 ½ k Rice Krispies
  • 300 g donkersjokolade

Metode

  1. Meng suiker, stroop en grondboontjiebotter en verhit in die mikrogolf tot dit borrel. Mikrogolf vir ongeveer 6 minute op hoog en roer elke 2 minute.
  2. Skep die Rice Krispies in ʼn mengbak en meng die grondboontjiebottermengsel daarby in tot alles goed gemeng is.
  3. Spuit ʼn muffinpan met kossproei en skep die Rice-Krispies-mengsel daarin. Gebruik dan jou hande om dit om die kante van die pannetjie te vorm sodat dit ʼn bakkie maak.
  4. Smelt die sjokolade en vul die holte van die katjiebotterbakkie daarmee.
  5. Laat die bakkies eenkant afkoel, moet dit nie in die yskas sit nie, anders gaan dit te hard word om te eet. Indien jy haastig is, kan jy dit in die yskas sit, maar haal dit dan minstens 2 uur voor bediening uit sodat dit bietjie kan staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.