Soorte resepte:

Resep-video: Koffie-en-kondensmelkroomys

Koffie-en-kondensmelkroomys (Foto: Elsabe Erasmus/Maroela Media)

Dit is geen geheim dat koffie heel boaan Maroela Media se inkopielys is nie – daar is altyd ʼn goeie verskoning vir ʼn lekker koppie koffie.

Met hierdie resep kan jy jou koffie op ʼn warm somersdag óók geniet. Dit is vinnig en maklik; jy benodig slegs drie bestanddele met vyf maklike stappe.

Bestanddele

  • 500 ml room
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 e kitskoffie (opgelos in ʼn bietjie water)
  • ekstra kitskoffie vir bo-oor strooi

Metode

  1. Klits die room styf.
  2. Vou die kondensmelk bietjie-bietjie by die room in.
  3. Gooi dan die opgeloste koffiepoeier by die mengsel en vou dit liggies in sodat die bruin van die koffie nog effens sigbaar is.
  4. Gooi dan die mengsel in ʼn bak en sprinkel bietjie koffiepoeier bo-oor.
  5. Vries tot hard; verkieslik oornag.

Wenk: Jy kan die koffie bietjie sterker aanmaak indien jy ʼn sterker koffiesmaak verkies. Die roomys is lekker net so, of jy kan dit in jou koffie gooi en saam met hardekoekies geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VaalDonkie ·

Ek klits gewoonlik die room tot sagte pieke, dan gooi ek die kondensmelk en geursel in, en klits die hele spul weer. Dan gaan dit vrieskas toe totdat dit begin yskristalle maak, en dan klits ek dit weer. Ek doen dit so twee of drie keer. Het een slag “peanut butter” ingewerk en my vrou het amper die hele bak self opgeeet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.