Soorte resepte:

Resep-video: Maroela-melktert

Maroela-melktert (foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié maklike melktert sal in enigeen se skedule pas!

Bestanddele

  • 1 ℓ melk
  • 250 g botter (of margarien)
  • ¾ k mielieblom, aangemaak met ʼn klein bietjie water
  • ¾ k suiker
  • 2 eiers
  • knippie sout
  • 1 t vanieljegeursel

Metode

  1. Plaas die melk en botter (of margarien) in ’n pot en verhit totdat die botter smelt en die mengsel begin kook.
  2. Voeg die res van die bestanddele by en kook stadig vir 10 minute. Roer deurgaans, anders brand dit aan en maak klonte.
  3. Gooi in ’n gesmeerde tertbak, met of sonder ’n kors van keuse. Laat afkoel.
  4. Plaas die tert in die yskas en bedien koud.

Resep: Willie Strauss

Koop nou Moela Media se Melktertmeester-stel om dié resep te maak! Besoek ons winkel hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anonymouse ·

Weet iemand dalk waar ek ‘n kors resep kan kry wat lekker is maar geskik is vir ‘n siel soos ek wat nog nooit baie geluk met korse gehad het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.