Die maklikste bederf vir die naweek!
Genoeg vir 8-10 porsies
Bestanddele
- 500 ml room
- 1 blik karamelkondensmelk
- 7 e Milo-poeier
- 1 pak Tennisbeskuitjies
Metode
- Klits room styf en vou karamelkondensmelk daarby in.
- Skep Milo in en vou goed deur.
- Pak Tennisbeskuitjies in ʼn groot tertbak om as kors te dien. Skep nou versigtig die room-mengsel oor sodat dit nie die koekies skuif nie. Maak glad bo-op met die agterkant van ʼn lepel.
- Verkoel in vrieskas vir twee uur of laat stol oornag in die yskas. Sny in blokke en geniet!
Resep: Janie Monsieur
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Mmmmmmm! Ek hou baie van die nagereg!