Soorte resepte:

Resep-video: Mini-pavlovas

Mini-pavlova. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Hierdie nagereg is soet, heerlik en lekker maklik om te maak. Jy sal in ʼn japtrap ʼn glimlag op jou gaste se gesigte sit.

Bestanddele

  • 1 tot 2 pakkies skuimpiebakkies (afhangende van hoeveel gaste jy moet bedien, en hoeveel skuimpies in ʼn pakkie is. Ons het dit sommer by die naaste kruidenierswinkel gekoop).
  • 250 ml Orley Whip-room
  • 360 g Caramel Treat (gekookte kondensmelk)
  • vars bessies (ons het bloubessies gebruik, maar jy kan na smaak besluit watter bessies jy wil gebruik).

Metode

  1. Pak die skuimpies op ʼn skinkbord uit en hou eenkant. Indien jy ʼn kranige bakker is, kan jy jou eie skuimpies maak. Met hierdie resep probeer ons egter dit so maklik moontlik maak om ʼn vinnige nagereg aanmekaar te slaan.
  2. Meng die Orley Whip en gekookte kondensmelk goed saam. Jy kan van ʼn elektriese handklitser gebruik maak, maar wees net versigtig – dit kan ʼn morsige spul raak.
  3. Giet die Orley Whip-mengsel in elke skuimpiebakkie. Maak seker dat dit nie oorloop nie. Moet dit ook nie te lank voor die ete doen nie, dan raak die skuimpies klam en moeilik om te hanteer.
  4. Versier met ʼn paar bessies van jou keuse en geniet!

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.