Soorte resepte:

Resep-video: Nutella-plaatkoekies

Nutella-plaatkoekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Sjokoladesmeer en plaatkoekies is perfekte pasmaats.

Lewer 12 plaatkoekies

Bestanddele

  • 1 k koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • 2 e suiker
  • ½ t sout
  • 1 k melk
  • 2 eiers
  • 2 e olie
  • sjokoladeskywe
  • Nutella (of enige sjokoladesmeer van jou keuse)

Metode

  1. Meng koekmeel, bakpoeier, suiker en sout saam.
  2. Meng melk, eiers en olie saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot glad.
  3. Skep ʼn eetlepel vol beslag in ʼn warm pan met olie in. Smeer Nutella tussen twee sjokoladeskywe en plaas dit bo-op die beslag in die pan. Skep nog ʼn lepel beslag stadig oor om die sjokolade te bedek (kyk video).
  4. Draai die plaatkoekie om en braai tot goudbruin aan albei kante. Bedien warm.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Alternatief vir Nutella: konfyt. Wat van daardie blik marmelade wat al ‘n ruk in die yskas staan? Gebruik dit voor dit afgaan.

Ellie ·

of selfs peanutbutter of aarbeikonfyf! ek is nie ‘n groot liefhebber van sjokolade smeer nie! Maar dis ‘n definitiewe ontbyt vir ‘n sondag oggend!
of, wat van ‘n opgesnyde gekookte eier en bacon tussen in.
maak myself nou baie honger!
Dankie MM. ek gaan resep deel op Facebook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.