Soorte resepte:

Resep-video: Ongebakte suurlemoenblokkies

Ongebakte suurlemoenblokkies (Foto: Elsabe Erasmus/Maroela Media)

Hierdie is ʼn lekker en vinnige resep om te maak as jy smag na ʼn soet peuselhappie wat nie té soet is nie. Die suurlemoen kan met ʼn lemoen vervang word indien jy iets anders wil probeer. Bêre dit in ʼn lugdigte houer in die yskas, dan sal dit oor twee weke nog lekker wees.

Lewer sowat 25 tot 30 blokkies (Word bepaal deur die grootte van die blokkies wat jy sny.)

Bestanddele

  • 125 g botter
  • 100 ml suiker
  • Fyngerasperde skil en sap van 1 groot suurlemoen
  • 1 blik (397 g) kondensmelk
  • 250 ml klapper
  • 100 g glanskersies, in stukkies gesny
  • 2 pakke (200g elk) Mariebeskuitjies, fyngedruk

Metode

  1. Spuit ʼn bak van sowat 20 x 30 cm met kleefwerende kossproei en voer dit uit met waspapier.
  2. Smelt die botter, suiker, kondensmelk, suurlemoenskil en -sap saam in die mikrogolfoond, oor ʼn lae hitte, tot die suiker gesmelt is. Hou die mengsel dop sodat dit nie kook nie.
  3. Voeg die res van die bestanddele (Mariebeskuitjies, klapper en kersies) by en meng alles goed.
  4. Druk die mengsel in die voorbereide bak vas en plaas dit in die yskas om te stol.
  5. Sny dit in blokkies en pak in ʼn lugdigte houer tussen lae waspapier sodat dit nie aanmekaar kleef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.