Soorte resepte:

Resep-video: Ontbytpap-happies

Ontbytpap-happies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Jy kan enige ontbytpap gebruik wat lekker saam met grondboontjiebotter sal smaak.

Lewer sowat 15 happies

Bestanddele

  • 1 k grondboontjiebotter
  • ¾ k heuning
  • ¼ k versiersuiker (opsioneel vir ’n stywer tekstuur)
  • 3-4 k ontbytpap van keuse (ons het Coco Pops gebruik)

Metode

  1. Smelt die grondboontjiebotter en heuning saam en meng.
  2. Sif die versiersuiker in en meng goed.
  3. Meng die ontbytpap by en skep eetlepels vol op ʼn skinkbord of bakplaat met bakpapier op.
  4. Verkoel in die yskas.

Let wel: In die video is versiersuiker nie bygevoeg nie. Hoewel dit opsioneel is, sorg die versiersuiker daarvoor dat dit ʼn stywer tekstuur het en mooi bymekaar bly. Ons beveel dit dus aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.