Hierdie bomme proe amper soos Oreo-kaaskoek, en het net drie bestanddele!
Bestanddele:
2 pakke Oreo-koekies
200 g volroom-roomkaas
Sjokolade, gesmelt
Metode:
Maak die Oreo-koekies goed fyn.
Skep die roomkaas lepel vir lepel by die koekies in, en roer tussenin. Maak seker die mengsel raak nie te sag nie. Die roomkaas moet net die koekies klam maak.
Rol nou die mengsel in balletjies en druk sosatiestokkies daarin.
Rol die balletjies in sjokolade en laat dit in yskas afkoel vir ten minste 30 minute.
Resep: Janie Monsieur
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.