Met net drie bestanddele het jy woeps-waps hierdie lekker fudge!
Lewer sowat 24 blokkies
Bestanddele
- 500 g wit sjokolade
- 400 g kondensmelk
- 12 Oreo-koekies, fyngemaak
Metode
- Smelt sjokolade en kondensmelk saam in mikrogolf.
- Meng die fyngemaakte Oreo-koekies daarby en skep dit in ʼn bak. Versprei dit eweredig en maak die bokant glad met agterkant van lepel of vingerpunte.
- Verkoel in yskas vir sowat 2 uur en sny in blokkies.