Maak jou eie sagte, bonkige en heerlike sjokolade-fudge-blokkies gevul met klein jellie-eiers in sjokolade en malvalekkers.
Bestanddele
- 1 k botter, gesmelt
- 2 k versiersuiker
- ½ k kakao
- 2 t kitskoffie, opgelos in 15 ml water
- 2 eiers
- 2 pakke Mariebeskuitjies, opgebreek
- 1 k klein malvalekkers
- 125 g Speckled Eggs
Metode
- Sif die versiersuiker en kakao saam.
- Voeg die kitskoffie, botter en eiers by en meng goed.
- Meng die Mariebeskuitjies by die mengsel.
- Voeg die malvalekkers en sowat ¾ van die Speckled Eggs by en meng alles goed.
- Skep die mengsel in ʼn bak wat met waspapier uitgevoer is en druk dit plat met die agterkant van ʼn lepel. Strooi die res van die Speckled Eggs bo-oor en druk liggies in die beslag.
- Laat dit afkoel in die yskas vir sowat 30 minute of oornag.
- Sny dit dan in blokkies en geniet.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Kan mens die eiers met iets anders vervang? Ek is baie versigtig om rou eiergele te eet.
Die eiers is dan nog ROU
Rou eiers ?