Soorte resepte:

Resep-video: Peppermint Crisp-blokkies

Peppermint Crisp-blokkies (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Jy het nie ʼn spesiale geleentheid nodig om hierdie blokkies te maak nie. As jou mond water vir ʼn ou soetdingetjie, dan is dié resep perfek vir jou.

Bestanddele

  • 1 blik (397 g) kondensmelk
  • 125 g botter
  • 160 g melksjokolade
  • 2 pakkies (200 g elk) mentsjokolade tennisbeskuitjies, fyngedruk
  • 3 (49g) stafies Peppermint Crisp, in stukkies gekap

Metode

  1. Spuit ʼn bak van sowat 20 x 30 cm met kossproei en voer dit uit met waspapier.
  2. Smelt die botter, kondensmelk en melksjokolade saam in die mikrogolfoond, oor ʼn lae hitte, tot die sjokolade gesmelt is.
  3. Voeg die tennisbeskuitjies en helfte van die Peppermint Crisp by en meng alles goed.
  4. Druk die mengsel in die voorbereide bak vas en sprinkel die ander helfte van die Peppermint Crisp-sjokolade bo-oor.
  5. Plaas dit in die yskas om te stol.
  6. Sny dit in blokkies en pak in ʼn lugdigte houer tussen lae waspapier sodat dit nie aanmekaar kleef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.