Soorte resepte:

Resep-video: Pienkmelk-mousse

Pienkmelk-mousse (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie mousse proe amper soos ʼn melkskommel! As jy meer van ʼn ander geur Nesquick hou, kan dit bloot met die pienk Nesquick vervang word.

Bestanddele

  • 200 g witsjokoloade
  • 400 ml room
  • ½ k (7 e) pienk Nesquick
  • 1 druppel pienk voedselkleursel (opsioneel)

Metode

  1. Smelt die witsjokolade, die helfte (200 ml) van die room en Nesquick saam tot glad. As die mengsel nie pienk genoeg is nie, kan jy ʼn druppel pienk kleursel byvoeg vir effek. Laat die mengsel effens afkoel.
  2. Klits die res van die room (200 ml) styf en vou dit by die Nesquick-mengsel in.

Giet in kleiner bakkies of glase en laat oornag in die yskas stol.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae