Soorte resepte:

Resep-video: Roomys-toebroodjie

Roomys-toebroodjie (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Verras jou kinders met dié lekker toebroodjie! Dit is perfek vir die somer en jy kan eintlik enigeen van jou gunsteling-koekieresepte gebruik.

Lewer ongeveer 50 aparte koekies

Bestanddele

  • 125 ml kookwater
  • 40 g kakao
  • 370 g botter of margarien
  • 325 g suiker
  • 250 g graanvlokkies, fyngedruk
  • 160 g klapper
  • 400 g bruismeel
  • klein roomysbakkies

Metode

  1. Meng kookwater en kakao in ʼn koppie.
  2. Verroom botter/margarien en suiker saam.
  3. Voeg kakaowater by bottermengsel en meng goed.
  4. Maak graanvlokkies fyn in sakkie.
  5. Gooi graanvlokkies, klapper en meel by botter-en-kakaomengsel en meng goed.
  6. Rol deeg in hande tot dit die gewenste vorm is.
  7. Plaas deeg in ’n oondplaat en bak vir 15 minute teen 180 °C. Laat afkoel.
  8. Sny roomysbakkie in sy breedte deur en plaas die roomys tussen twee koekies.
  9. Geniet dadelik.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.