Begin jou mond ook water wanneer jy die woord “sjokoladeblokkies” hoor? Hierdie resep is vinnig en maklik, én jy kan die verskillende soorte sjokoladesplinters met slegs een soort vervang indien jy dit so verkies.
Bestanddele
- 1 pakkie Mariebeskuitjies, baie fyn gemaak
- 100 g botter, gesmelt
- 1 k sjokoladesplinters
- ½ k wit sjokoladesplinters
- ½ k karamel-sjokoladesplinters
- ½ k neute van jou keuse, in stukkies gekap
- ½ blik kondensmelk
- ½ k fyn klapper
Metode
- Voorverhit die oond tot 150 °C.
- Voer ʼn bakpan met bakpapier uit.
- Meng die koekiekrummels en botter saam en druk dit dan in die voorbereide pan vas.
- Gooi die sjokoladesplinters en neute bo-oor en meng dit effens met jou hande.
- Gooi dan die kondensmelk eweredig bo-oor.
- Sprinkel die klapper oor.
- Bak dit in die oond vir sowat 20-25 minute, of tot die bokant ligbruin is en die sjokolade gesmelt het.
- Laat dit afkoel en sny dan in blokkies.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Dit lyk heerlik en maklik om te maak.