Liplek-lekker en moeiteloos.
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele
- 250 g-pakkie Cremorapoeier
- 1 blik kondensmelk
- ½ k suurlemoensap
- 30 ml (2 e) kakao
- ¼ k kookwater
- 1 t vanielje
- ½ pak sjokolade-en-ment-Tennisbeskuitjies
Metode
- Meng Cremorapoeier, suurlemoensap en kondensmelk.
- Meng die kakao met die kookwater en vanielje. Laat dit afkoel en meng dan by die Cremora-mengsel.
- Pak Tennisbeskuitjies onder in ʼn tertbak, skep die mengsel oor en maak dit glad bo op.
- Verkoel in die yskas vir 2-3 uur of oornag.
Resep: Janie Monsieur
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Eish, die waardering van vanoggend vir hierdie resep is al weer weg.
Ek bely dat hierdie heelike vooruitsig se smaak reeds in die lug hang, en my tot begeerte noop.
Wie begeer om saam te eet aan hierdie voortreflike lekkerny.
Lyk amazing!