Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade-Cremoratert

Sjokolade-Cremoratert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Liplek-lekker en moeiteloos.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 250 g-pakkie Cremorapoeier
  • 1 blik kondensmelk
  • ½ k suurlemoensap
  • 30 ml (2 e) kakao
  • ¼ k kookwater
  • 1 t vanielje
  • ½ pak sjokolade-en-ment-Tennisbeskuitjies

Metode

  1. Meng Cremorapoeier, suurlemoensap en kondensmelk.
  2. Meng die kakao met die kookwater en vanielje. Laat dit afkoel en meng dan by die Cremora-mengsel.
  3. Pak Tennisbeskuitjies onder in ʼn tertbak, skep die mengsel oor en maak dit glad bo op.
  4. Verkoel in die yskas vir 2-3 uur of oornag.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stof

Eish, die waardering van vanoggend vir hierdie resep is al weer weg.
Ek bely dat hierdie heelike vooruitsig se smaak reeds in die lug hang, en my tot begeerte noop.
Wie begeer om saam te eet aan hierdie voortreflike lekkerny.

Madeleine

Lyk amazing!