Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade-en-grondboontjiebotterblokkies

Sjokolade-en-grondboontjiebotterblokkies. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Hierdie grondboontjiebotter-versnapering is ʼn ideale oplossing wanneer jou soettand begin roep.

Bestanddele

Grondboontjiebotterlaag

  • ʼn 400 g-bottel grondboontjiebotter
  • 250 ml strooisuiker
  • 250 ml botter (gesmelt)
  • ʼn 200 g-pak Tennisbeskuitjies

Sjokoladelaag

  • 2 x 135 g-Aero-sjokoladestafies
  • 2 e grondboontjiebotter

Metode

Grondboontjiebotterlaag

  1. Meng die grondboontjiebotter, strooisuiker, botter en Tennisbeskuitjies in ʼn voedselverwerker.
  2. Giet in ʼn geskikte pan uit en laat dit afkoel vir 15 minute in die yskas.

Sjokoladelaag

  1. Smelt die twee sjokoladestawe. Wees versigtig om nie die sjokolade te brand indien jy dit in die mikrogolfoond smelt nie.
  2. Meng dan die ekstra grondboontjiebotter daarby.
  3. Giet dit nou oor die afgekoelde grondboontjiebottermengsel en plaas weer in die yskas.
  4. Sodra koud, sny in blokke en geniet!

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karoo ·

Regtig julle? Noudat so baie grondboontjie botter van die rakke af gehaal is…. kom julle met die resep…. lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.