Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade-kraker

Sjokolade-kraker (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié sjokolade-kraker is blitsvinnig om te maak, en het die perfekte verhouding van romerige sjokolade en krakerige broskoekie om enigeen se soettand te bevredig.

Bestanddele

  • 1 opvoubroodjie (wrap)
  • 1 e Nutella
  • sjokoladekrummels
  • broskoekie, fyner gekrummel
  • 1 tandestokkie

Metode

  1. Smeer die Nutella op die opvoubroodjie.
  2. Sprinkel die sjokolade- en broskoekiekrummels oor.
  3. Vou die opvoubroodjie op en steek dit met ʼn tandestokkie vas.
  4. Bak vir 5 minute by 160 °C, of tot sjokolade net gesmelt is.
  5. Smeer nog Nutella bo-oor en eet onmiddellik.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ek kan nie wag ·

Oeee sjokolade overload, migraine…maar klink of dit elke hap werd is!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.