Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade-Krispies

Sjokolade-Krispies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Rice Krispie-koekies trek hierdie keer ʼn dubbelsjokolade-baadjie aan.

Bestanddele

  • 1 groot pak (sowat 30) malvalekkers
  • 3 e botter of margarien
  • ¼ k kakao
  • 5 k Coco Pops
  • 1 Flake-sjokolade

Sjokolade-Krispies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Smelt malvalekkers, botter en kakao saam.
  2. Voeg Coco Pops by en meng goed. Werk vinnig, want die gesmelte malvalekkers raak moeilik om te beheer.
  3. Skep oor in yskasbak en druk vas met jou vingers. Krummel Flake oor en sny in blokkies. Verkoel tot jy dit wil eet.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.