Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade-pannekoek

Sjokolade-pannekoek (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Nou kan pannekoek sommer voorgereg, hoofgereg én nagereg wees!
Lewer 6 pannekoeke

Bestanddele

  • 1 ½ k koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • 2 e kakao
  • ¼ t sout
  • 2 k water
  • 1 eier
  • 1 t asyn
  • 1 e olie
  • ekstra olie vir braai

Metode

  1. Sif koekmeel, bakpoeier, en kakao saam en voeg sout by.
  2. Meng water, eier, asyn en olie saam. Meng die droë bestanddele by die nat bestanddele in en laat die beslag vir 30 minute in die yskas rus.
  3. Verhit ʼn pan met ʼn bietjie olie in en skep lepelsvol beslag in die pan wanneer dit warm is. Braai die pannekoek aan albei kante tot gaar. Herhaal tot beslag op is.
  4. Bedien met sjokoladesmeer, aarbeie, room, of enige vulsel van jou keuse.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.