Soorte resepte:

Resep-video: Soetsuur-yskastert

Soetsuur-yskastert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Malvalekkers, pynappel en kondensmelk bied ʼn verruklike mengelmoes!
Bestanddele

  • 1 blik kondensmelk
  • ½ k (125 ml) suurlemoensap
  • 150 g malvalekkers, in kwarte gesny
  • 1 k (250 ml) room, styfgeklits
  • 1 blik (250 g) pynappelstukkies
  • ½ pakkie tennisbeskuitjies

Metode

  1. Klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot styf.
  2. Voeg malvalekkers, pynappel en room by en vou in.
  3. Voer pan met beskuitjies uit en skep die vulsel versigtig daaroor sodat die beskuitjies nie beweeg nie. Maak gelyk bo-op.
  4. Plaas in yskas vir sowat 2 uur of tot gestol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MUIS ·

Ek kom agter maroela hou daarvan om hul resepte elke jaar te herhaal, ek print al my ginsteling resepte van maroela media en ek het beslis die volgende resep al in my resepte boek geplak.

KitsKletser ·

Die sny van malvalekkers kan n lekker taaispul word…. Gebruik eerder mini malvalekkers

VannieBaai ·

Lekker, herhaal of nie!!!! Nie almal sien dit elke keer nie…… :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.