Resep-video: Springmielie-stokkielekkers

Springmielie-stokkielekkers (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Vrolik, taai en só soet – perfek vir ʼn partytjie!

Maak ongeveer 10 balle

Bestanddele

  • 4 k springmielies (reeds gespring)
  • 6 e margarien of botter
  • 30 malvalekkers
  • 150 g boks Smarties

Metode

  1. Smelt die botter en malvalekkers saam in ʼn mengbak.
  2. Voeg die springmielies by en roer goed deur.
  3. Laat die mengsel vir 2 minute afkoel en voeg Smarties by.
  4. Spuit jou hande met kossproei sodat die malvalekkers nie aan jou hande vassit nie en maak dan balle met jou hande.
  5. Druk ʼn sosatiestokkie in en geniet!

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae