Soorte resepte:

Resep-video: Suikervrye energieballetjies

Suikervrye energieballetjies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Geen oond, stoof of mikrogolf nodig nie! Enigeen kan hierdie sjokoladeballetjies maak, selfs kinders.

Lewer sowat 25 balletjies

Bestanddele

  • ½ k grondboontjiebotter
  • ⅓ k heuning
  • ⅓ k kakao
  • 1 k hawermout
  • ⅔ k klapper
  • ½ k sonneblomsade
  • ½ k suikervrye sjokoladesplinters (opsioneel)
  • knippie sout

Metode

  1. Meng die grondboontjiebotter, heuning en kakao tot romerig.
  2. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot alles goed gemeng is.
  3. Rol balletjies in jou hande. Bêre in die yskas.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.