Gooi jou dieet dié week by die venster uit!
Lewer 20 blokkies
Bestanddele
- 250 g botter
- 500 g versiersuiker
- 50 g kakao
- 2 eiers
- 1 pak (200 g) Mariebeskuitjies
- 2 x 70 g-boksies Smarties
- 1 x 150 g-pak klein malvalekkers
- 2 x 40 g Crunchie-sjokolade
- 3 x 55 g Bar One-sjokolade
- 100 g geblansjeerde amandels
Metode
- Smelt die botter en sif versiersuiker en kakao daarby in.
- Voeg eiers by en meng. Mikrogolf vir 2 minute op hoog.
- Maak die Mariebeskuitjies fyn en gooi dit by die sjokolademengsel. Gooi die Smarties, malvalekkers en amandels by. Kap die sjokolades en gooi dit ook in. Hou ʼn bietjie van alles oor vir bo-op.
- Meng goed en skep in groot bak. Druk die mengsel vas en gooi die orige Smarties, malvalekkers, amandels en sjokolades bo-op. Verkoel in yskas vir 2 uur of oornag. Sny in blokkies en geniet!
Resep: Janie Monsieur
Ons het gemaak en dit was lekker verby. Baie dankie aan Janie Monsieur vir die lekker resep.
Sal dalk al die bestandele opeet voor ek by die maak daarvan kom ; D! Anders sal ek dit maak en eers die artikel oor sooibrand ook moet lees! Klink vreklekker
Diabetes is jou voorland