Soorte resepte:

Resep-video: Vergeet-jou-dieet-blokkies

Vergeet-jou-dieet-blokkies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Gooi jou dieet dié week by die venster uit!
Lewer 20 blokkies

Bestanddele

  • 250 g botter
  • 500 g versiersuiker
  • 50 g kakao
  • 2 eiers
  • 1 pak (200 g) Mariebeskuitjies
  • 2 x 70 g-boksies Smarties
  • 1 x 150 g-pak klein malvalekkers
  • 2 x 40 g Crunchie-sjokolade
  • 3 x 55 g Bar One-sjokolade
  • 100 g geblansjeerde amandels

Vergeet-jou-dieet-blokkies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Smelt die botter en sif versiersuiker en kakao daarby in.
  2. Voeg eiers by en meng. Mikrogolf vir 2 minute op hoog.
  3. Maak die Mariebeskuitjies fyn en gooi dit by die sjokolademengsel. Gooi die Smarties, malvalekkers en amandels by. Kap die sjokolades en gooi dit ook in. Hou ʼn bietjie van alles oor vir bo-op.
  4. Meng goed en skep in groot bak. Druk die mengsel vas en gooi die orige Smarties, malvalekkers, amandels en sjokolades bo-op. Verkoel in yskas vir 2 uur of oornag. Sny in blokkies en geniet!

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anna ·

Ons het gemaak en dit was lekker verby. Baie dankie aan Janie Monsieur vir die lekker resep.

Elmarie ·

Sal dalk al die bestandele opeet voor ek by die maak daarvan kom ; D! Anders sal ek dit maak en eers die artikel oor sooibrand ook moet lees! Klink vreklekker

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.